ESH RECORDS

Writer | Lyricist | Beat Maker | Music Producer | Record Label

ESH RECORDS

Writer | Lyricist | Beat Maker | Music Producer | Record Label

Yung Esh - Kommunikeer

Intro

Kommunikeer..........

Ek kommunikeer

Ek............kommunikeer.

 

Vers 1

Lug is die spasie waardeur,

al die gasse op aarde beweeg.

As gevolg van verskillende temperatuur

kan gevoel word hoe kom die druk deur.

Die selfde lug wat in geasem word

deur die mond of deur die neus.

Die selfde gas wat plant produseer

om 'n lewende wees suurstof te gee.

Replikasie van druk bo-op n voorraad

vorm 'n vebrasie.

Vebrasie bo-op 'n dood materiaal

sal vir jou, hierdie klank bied.

Die vebrasie dwarsdeur 'n lewende wese,

sal vir jou hierdie verstand bied.

Dink die Heilige Gees is die een

wat nou kommunikeer in die kommunikasie.

As gevolg van lug druk vanaf die long

deur die spraak kanaal vebreer die stemband.

Verskillende frekwensie druk deur die lip,

druk deur die tong en die tand.

Golwe teen verhemelte,

soos golwe van see oor sand.

Afstand wat golf beweeg in tyd,

is die stimulasie van hierdie klank.

In woord vloei dit yt my mond,

en bied figuurlik as medisyne.

Trap die negatiwiteit plat

en werk dit soos hanepoot druiwe.

So rein en dit vat lug en sweef soos

wit vlerk duiwe.

Al leef ek op hierdie aarde,

maak ek die universe my tuiste.

 

Vers 2

Ek kommunikeer,

ek kommunkeer.

Ek kom en die keer

gebruik ek alfabet letters om God se woord te gee.

God se woord wat dit moonlik maak

om te verstaan en ook van leer.

Selfde brood wat jou versadig

wanneer ek lewe bo jou ytspreek.

Met die samestelling van positiewe woorde

form ek 'n positiewe sin.

As jou breins analiseer wat ek jou sê,

maak dit vir jou sin?

Hoop ek die dat jy sal

die ware persoon binne jou sal vind.

En hoe positief ek nou klink,

laat die Yungeling jou dink.

Sit 'n paar sinne bymekaar,

en vorm n paragraaf.

Pas die gedagte vinnig bymekaar

en beskryf waarop jy staan.

Ek staan op die genade 

van ons Vader, Seun en Heilige Gees.

Ek verkondig sy woord

en Sy krag ontvang ek en al hierdie seёn.

Met ryme binne lyne as jy wys is

kwalifiseer jy om 'n song te skrywe.

Ek doen, record, mix, produce

So dit beteken dat ek is musiek se flavor.

So heidiglik is Yung Esh die gedagte van Steano,

waarna jy luister.

Die fans gooi duime

vir die gedagte wat ek nou sit, binne syne.

 

Vers 3

Ek hoop dat jy vang my woord,

en dit val op jou oor soos reёn.

Jy hou en jy klou an dit,

met die klou van 'n panda beer.

Ge-hoor-saam-heid

sit ek in 'n lettergreep.

Sodat ek die klem kan lê

op wat ook belangrik is van mens wees.

Terwyl klank golf in verskillende frekwensie

die oor binne.

Verbrasie van die gehoorbeentjies,

vorm beweegende lug.

Geabsorbeer deur die basel membraan,

gelyksydig saam, tectorial membraan.

Beweeging van haar sel laat micro villi buig,

oorskakel in 'n stimilus.

Dit beweeg, deur gehoorsenuwee

na die sentralle senuwee stelsel.

Om bewustheid te sit in gedagte,

oor die wyse van die Tabernakel.

Nou bied ek met musiek my hulp,

an die wat yt die duister spartel.

Ek ontlas die wat luister

van die negatiwiteit waarin hulle nog vas is.

Ek is duidelik en jy verstaan,

en 'n lig balb slaan an in jou verstand.

Jy neem in dat die Yungeling is bekwaam,

die musiek bedryf benodig sy bystand.

Check'it ek is reinig,

met my dade bewys ek dat ek is in 'n Christus stam verband.

Wat ek spit is heilig,

die gedagte wat ek gebruik bewys dat ek is 'n wyse man.

 

Yung Esh - Kommunikeer Audio

Yung Esh - Kommunikeer Video